Kalahari · sedert 2024

Die
Stampers

Ou staal, rooi sand, en stories wat bly.

Elke jaar vat 'n klomp vriende die Kalahari aan op enkelsilinder-fietse, met te min gereedskap en net genoeg water.

3 toere14 Stampers in 20261976 se yster waar dit begin het

2022 · Die stoor

Waar dit begin het

In 2022 het Mias Nieuwoudt 'n vergete Honda XL500 agter in 'n stoor raakgeloop en begin om die fiets terug te bou. Wat as 'n herstelprojek begin het, het gou 'n droom geword: om die ervaring van 'n tagtigerjare-stamper weer lewendig te maak.

Teen 2024 het Mias sy seuns oortuig om hul eie projekte aan te pak. 'n Paar stampers en goeie vriende later het die heel eerste Stamper-toer in die Kalahari afgeskop.


2026 · Nuwe yster

Toe gee die ou yster pad

Die Kalahari vra baie van 'n fiets wat reeds veertig jaar oud is. Ná twee toere het die meeste van die tagtigerjare-enjins uiteindelik tou opgegooi — party langs die pad, party eers by die huis. Die besluit was maklik: 2026 se toer word met nuwe yster aangepak.

Die fietse het verander, maar nie die gedagte nie.

'n Stamper is nie 'n jaartal nie. Dis 'n houding.

Een silinder, min elektronika, niks wat vir jou dink nie. Solank dit eenvoudig, taai en eerlik is, hoort dit by ons.


Elke jaar

Die Kalahari

Elke jaar trotseer die Stampers die Kalahari se son en sand. Vanuit die saal beleef 'n mens hierdie besondere deel van die wêreld soos min ander dit ken — stadiger, stowweriger en heelwat nader aan die grond.

Elke toer ontsluit nog 'n paar van die geheime wat die beeldskone Kalahari wegsteek, en elke toer maak herinneringe wat bly.


Wie ry

Die stal

2024

Die eerste toer
Mias
Honda XL500
1976
Hermias
Yamaha XT550
1982
Eddie
Honda XR500
1982
Jos
Honda XR500
1982
Janus
Honda XLR250R Baja
1989
Tiaan
Yamaha AG175
1974
Adriaan
Honda XR500RE
1985
Ferdi
Yamaha TW200
1990
Kobus
Yamaha DT175
OndersteuningspanWillemChristoKallas

2025

Dieper in
Mias
Honda XL500
1976
Hermias
Yamaha XT550
1982
Eddie
Honda XR500
1982
Jos
Honda XR500
1982
Janus
Honda XLR250R Baja
1989
Tiaan
Yamaha XT250
1981
Vorster
Honda XR500
1982
Jordan
Honda XLR250R
1990
Paul
Honda CRF450
2012
OndersteuningspanWillemChristoPeetAiden

2026

Nuwe yster

Die meeste van die ou enjins het ná 2025 uitgeval. Die stal lyk anders — die toer nie.

Mias
Honda XR650L
Hermias
KTM 390 Adventure R
Eddie
Honda XR650L
Jos
Suzuki DR650
Janus
Honda XLR250R Baja
1989
Tiaan
Yamaha XT250
1981
Jordan
Big Boy TSR250
Kobus
Big Boy TSR250
Deon
KTM 300EXC
Joubert
KTM 690
Andries
KTM 690
OndersteuningspanWillemChristo PChristo S

'n Private toer

Die Stampers is 'n geslote groep vriende en familie. Die toer is nie oop vir die publiek nie — daar is geen inskrywings, kaartjies of gasteplekke nie, en ons bied dit ook nie kommersieel aan nie.

Die storie deel ons graag. Die saal bly onder ons.

Vir toergangers

Teken in

Net vir lede van vanjaar se toer. Teken in om die roete, dagprogram, slaapplek, pakkelys en bydraes te sien.

PIN vergeet? Vra ’n admin of stuur ’n boodskap op die groep.